Hierdie is een van die voorstellings van die mens se voorgangers wat by die tentoonstelling by die Sterkfonteingrot uitgebeeld word. Net soos by Maropeng is hierdie uitbeelding pornografies van aard aangesien die geslagsdeel van die organisme nie bedek is nie. Die probleem is tweërlei: geen bestaande aapsoort se geslagsdele kom eers naby dié een s'n nie en feitlik al die mense, hoe primitief ookal, dra wel lendekleedjies.



Hierdie skets kom uit die pen van een van Darwin se tydgenote en beeld die ooreenkomste in beenstruktuur uit tussen die skelet van die oerangoetang en die mens. Hoekom sou die Ontwerper van alle lewende wesens nie dieselfde basiese strukture oor en oor gebruik as die strukture so doeltreffend gewerk het nie? Daar is dikwels selfs ooreenkomste tussen organismes wat evolusionisties gesproke ver uitmekaar moes ontwikkel het: dit getuig veel eerder van 'n gemeenskaplike Ontwerper!


Hierdie is 'n rekonstruksie van die skedel van Australopithecus africanus. Die spesienaam was aanvanklik Plesianthropus wat 'ampermens' beteken, maar met deeglike studie moes paleoantropoloë die naam na Australopithecus verander wat 'suidelike aap' beteken.





'n Kunstenaarsvoorstelling van Australopithecus afarensis of'Lucy'. Dit word egter glad nie gemeld dat dit net 'n voorstelling is en dat tien verskillende kunstenaars heel waarskynlik met tien verskillende ontwerpe sou vorendag kom nie. Let ook op hoe die wit van die oë soos dié van 'n mens uitgebeeld word en nie soos dié van 'n aapsoort nie.





Prof Robert Broom word hier uitgebeeld voor die ingang na die Sterkfonteingrot waar hy met deernis na die skedel van Australopithecus africanus kyk.









Met die instap by die tentoonstellingsarea by Sterkfontein word die besoeker met hierdie afdruk begroet. Lees verder...