
Met die instap by die tentoonstellingsarea by Sterkfontein word die besoeker met hierdie afdruk begroet. Sommer met die intrapslag word die hele doel agter die tentoonstelling openbaar: Om die besoeker te oortuig dat hy/sy baie na verwant aan die sjimpansee en eintlik maar net nog 'n dier is. Sekulêre humanisme kraai vir seker hier koning!
Die indoktrinasie is egter meer subtiel as wat dit op die oog af lyk. Slegs 'n geoefende oog sal agterkom dat die skedel van die sjimpansee sowat 30% vergroot is. Hoekom? Om die ooreenkomste nog groter te laat lyk. Die ware prentjie lyk heelwat anders soos aan die regterkant gesien. (Foto vanaf www.skullsunlimited.com)
Plaas ons die mensskedel ook plat soos die sjimpanseeskedel, is die foutiewe voorstelling baie duidelik. Let op dat die oogholtes van die sjimpansee in werklikheid kleiner is as dié van die mens, maar in die Sterkfonteinuitstalling vertoon hulle heelwat groter as dié van die mens. Ongelukkig sal baie min indien enige van die jong kinders wat die uitstalling sien hierdie feite besef en dus maklik deur hierdie beeld geïndoktrineer kan word om te glo dat hulle net effens verhewe diere is. 'n Mens dink onwillekeurig aan die woorde van Jesus in Markus 9:42:
"En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in my glo, laat struikel, dit is beter vir hom as 'n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word."